Theuns Ken jy die pad na 'n plek wat 'n merk in jou hart los? Ken jy die spore van saamwees deur die droë Karoo? Juanita Waar elke oomblik tussen ons, geanker bly. Waar al my wense lê en wag om jou te kry. Oooh... Albei Bring, bring jou mooiste drome, bring jouself, jou liefdeswoorde. Jou huis is waar jou hart is in die klein Karoo. Gooi jou stem oor al die vlaktes. Graveer my name in jou gedagtes. Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo. Theuns Soek jy 'n skuilplek waar die vrese in jou laat bedaar? Soek jy 'n lêplek wat jou warm hou in die nag? Juanita Oor berg en dale loop ek vir jou, as jy verdwaal. Op die horison se lyn, kom ek jou haal. Oooh... Albei Bring, bring jou mooiste drome. Bring jouself, jou liefdeswoorde. Jou huis is waar jou hart is in die klein Karoo. Gooi jou stem oor al die vlaktes. Graveer my name in jou gedagtes. Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo. Instrumenteel Theuns Bring, bring jou mooiste drome. Bring jouself, jou liefdes woorde. Jou huis is waar die hart is, in die klein Karoo. Albei Gooi jou stem oor al die vlaktes. Graveer my name in jou gedagtes. Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo. Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo. Bring jou hart, bring jou lewe na die klein Karoo.