Ek het 'n plek waar ek veilig voel 'n stukkie son in die skadu van die stad se gewoel Hier bly my vriende Hier bly ek leer Hoe ons mekaar regop hou Deur die lewe en sy seer Hier droom ons drome so helder soos die son En donker tye weet ons dat die môre weer opkom En hier deel ons ons vreugde En hier deel ons soms 'n traan of twee En wat ook al deur die jare gebeur Ons help mekaar daar deur En waar ek ook al gaan My huis is op 7de Laan Ek het 'n plek waar ek tuis kan wees Die mooiste een straat dorpie In die stad van vrees Party is ryk en party is arm Maar die jonges is cool En die oues vuurwarm Hier bou ons 'n lewe Met die minste lawaai Nou almal weet dat skinder nuus Hierdie wêreld laat draai En hier deel ons ons vreugde En hier deel ons soms 'n traan of twee En wat ook al deur die jare gebeur Ons help mekaar daar deur En waar ons ook al gaan Ons huis is op 7de Laan